Ek is digter, suster, ma, vrou, vriendin, dogter, skrywer, lover, tuinier, wyn aanhanger, kos freak en realis. En hierdie is hoe ek sin maak uit die wêreld om my. Hierdie is my persoonlike Disseksie.

Wednesday, May 6, 2009

Run a Half marathon : check


At the onset of the new year I decided to do a 10 year resolution instead of a new year's resolution, because let's be honest the only new year's resolution I have stuck to in the last 5 years is 'to stop worrying about my weight.' Which in turn explains the ease with which 'weight' has made himself at home along the lower half of my upperbody. I decided to do a close-my-eyes-and-see-where-my-finger-lands exercise to decide which one of my resolutions I will do first. As my luck goes, it totally skips the get a tan in Spain option and lands on run a halfmarathon. How that option even managed to get in there is still a bit of a mystery, but I decide to wear my big girl panties (not that I have any panties of a smaller size, mind you) and do it. I enter the Two Oceans Half Marathon, but because of the flu I have to find another one and decide to enter the Safari Half Marathon.


With 5 months of medium intensity training, topped with the fact that I finally found a sportsbra strong enough to support the girls, I feel sort of ready. It is a cloudy day in Wellington and it looks like rain. I give myself a pat on the back for wearing my dri-fit T - at least I look like I know what I am doing, but that's maybe just beacause we're not running yet.


The gun sounds and we're off, or are we? It is rather difficult to maneuvre your way around the odd 5000 people, so the first 400 metres we have to walk. I finally start a slow run which eventually turns into the medium pace I'm used to. At around 3kms the running is still good. I enjoy the on field banter between the runners and locals next to the road chiming; "hou bene hou." Some of the runners brought sweets for the children which they scatter on the ground as we pass. It's raining sweets, but that's not all. At the 5km mark the heavens open up and give us some 'holy water' as one of the onlookers says. Not much, just enough to cool me down.

At 7km I can feel that I have been running. There is a slight pain in my left thigh and I am drenched. In the meantime the slight drizzle turns into a shower. Even my new dri-fit T is dripping at the seam. The left part of my body is freezing from the wind coming from that side. No fun, I think, but it's only 14km and I still have a good 7km to go. There are 4 of the local kids yelling "nog 'n bietjie, nog 'n bietjie, nog 'n bietjie vorentoe." I swear a little in my head, but give them half a smile for the effort.

18 km - only 3 to go. I have lost all feeling in my legs. I think my lungs are about to leave my body. I try to walk but for some weird reason it hurts more, so I do a slow trot. A man passes me, he looks 90. Is this as fast as it goes? my body keeps asking my brain, but there is a notice on her door - 'gone fishing' - so no reply. At last I hear the microphone, the mc is trying to encourage one of the finishers - a 60 year old lady, apparently this is her 5th Safari - great company I'm keeping. I see the stadium, only one more km to go, hou bene hou.

I cross the finish line! It is done, my body checked out a while ago, but I have done it. I look like someone who just had a hip replacement as I limp my way back to the car where my friend Charl is waiting for me. He finished half an hour ago and already looks like he can run another one. Apparently my wet, limping figure is cause for amusement, because he is trying hard not to burst out laughing. I am, however, oblivious to all pain and to the fact that I can probably qualify for a place in the old age home with the way I am walking, because I made it. I ran a halfmarathon only six months after giving birth, I think I deserve a medal...oh wait, they gave me one.

Will I do it again? Ask me again in a week's time.



Thursday, March 26, 2009

'n Verandering is so goed soos 'n vakansie.

Change always comes bearing gifts - Price Pritchett

Vandat ek 'n klein dogtertjie was, het my Pa altyd die sêding gehad "a change is as good as a holiday." Ek het natuurlik gedink hy is nie lekker nie, want my idee van 'n vakansie was twee weke in Heroldsbaai en geen verandering kon naby dit kom nie! In die laaste 4 maande op kraamverlof is dit juis die woorde wat heeltyd in my ore gelui het. Miskien het dit iets te doen gehad met al die make-over programme wat ek op DSTV gekyk het. Dit was 'n opskiet tussen my en my eetkamer, maar my begroting kon nie heeltemal 'n nuwe tafel dek nie, toe word dit maar 'n persoonlike oormaak.

Ek het na my suster se baie eksklusiewe haarkapper gegaan en uitgevind hoekom sy vir 4 maande spaar voordat sy na hom kan besoek; maar jou selfbeeld kan seker nie 'n prys hê nie (ek dink natuurlik dis 'n frase wat plastiese chirurge uitgedink het.)

Ek het letterlik alles oorgedoen - hulle het tot my ooghare gepluk en voete masseer. Hy het my gesigsvorm ontleed en my klere en juweliersware gebruik om my persoonlikheid te bepaal (ek kon egter self vir hom gesê het ek is stil, skaam en teruggetrokke...) Die uiteinde (en R1800) later:

Miskien kon ek toe tog die tafel tafel bekostig het...


Tuesday, March 24, 2009

Woorde

Such is creativity...such a chancy, unpredictable, unwilled and even in some ways unintentional process. It isn't something you do, it's something you find yourself doing, and doing compulsively. But in order to occur at all it requires; silence, inaction, free time to listen, an empty space into which the words may move. And poets, in my experience, spend a lot of time gazing out the window and the rest of it scribbling on the backs of envelops, when other people think they should be mowing the lawn.This is why the vocation of poetry creates such hazards, such pitfalls, in the course of ordinary social life, not only for the poet herself but for those around them… There is a lot of burnt toast in the lives of poets…" - Margaret Atwood from 'About Poetry -


In die laaste 5 maande het ek niks gelees nie; geen boek (behalwe die Bybel) en geen gedig of storie nie (behalwe die laaste een oor Joost in die Huisgenoot - ek is ook net mens.)

Aan die begin was dit as gevolg van noodsaaklikheid, ek was 'n nuwe ma en het skaars tyd gehad vir tande borsel. Teen die einde was dit 'n keuse - hoe minder ek myself besig gehou het met ander mense se woorde, hoe meer het ek weer my eie gehoor. Hoe stiller ek geraak het aan die buitekant, hoe meer het my binnekant begin raas. Nou sit ek met woorde; so baie woorde ek sukkel om te slaap in die aand. Woorde wat ek so graag met jou wil deel en ek is heeltemal van plan om dit te doen.

There is nothing to writing. All you do is sit down at a typewriter an open a vein. - Walter Wellesley "Red" Smith

Don't tell me the moon is shining; show me the glint of light on broken glass. - Anton Chekov

Hou hierdie spasie dop...

Friday, March 6, 2009

30, wie's 30?

I don't plan to grow old gracefully; I plan to have face-lifts until my ears meet. - Rita Rudner -

Vir my 30ste verjaarsdag het ek 'n groot vet puisie op my linkerwang gekry. Nie eers my onderlaag (wat ek 'n jaar laas gesien het en my 3 ure gevat het om op te spoor) kon die skade wegsteek nie. Nie dat ek enigsins verbaas was nie, my lewe het nog altyd redelik verkeerd om gewerk - toe ek 7 was, het ek die Beatles ontdek en Ingrid Jonker het vir my sin gemaak skuins na my 13de verjaarsdag so dit is seker gepas dat ek op 30 puisies moet kry...

Ek het regtig opgesien na my 30ste verjaarsdag, nie oor die ouderdom nie, want ek was eintlik al 30 kort na my 16de verjaarsdag, maar eerder oor die tyd wat minder raak en die geleenthede wat ek nie opgeëis het gedurende my twintigs nie. Kom ons wees nou eerlik daar is sekere dinge wat jy slegs kan doen terwyl jy in jou twintigs is, soos aan Idols deelneem, die 100m vir vroue op die olimpiese spele wen, 'n suksesvolle tennis loopbaan begin en Brad Pitt by Angelina afvry. Terwyl my sang, atletiek en tennis loopbaan aan skerwe lê en my gelukkige toekoms met Brad soos 'n skim in die nag lyk, het my vriendin Irene egter die volgende woorde as troos aangebied: "Geniet dit, jou volgende groot verjaarsdag is op 40." Die hemele behoed ons.

Na 'n seker ouderdom begin 'n vrou se lyf ook nie meer so lekker saamwerk nie. Jy verloor nie meer so maklik gewig soos voorheen nie en seker dele beweeg stadig maar seker Suid. Ek het dus ook 'n baie belangrike besluit gemaak oor my standpunt op plastiese chirurgie - as dinge slegs Suid beweeg, is die kompas gebreek. So sodra my lyf toelaat sal ek haar en haar kompas invat vir 'n diens. Nou nie 'n totale overhaul nie, maar defnitief 'n bietjie panel beating.

Ek het onlangs 'n quote van Oscar Wilde raakgelees wat sê "One should never trust a woman who tells her real age. If she tells that, she'll tell anything." Al wat ek kan sê is 30, wie's 30?

Monday, January 26, 2009

Emmer lysie

I like the dreams of the future better than the history of the past. - Thomas Jefferson -

Januarie is al amper verby en steeds staan my nuwejaarsvoornemens lysie op ‘gewig verloor.’ Dit opsig self is kommerwekkend aangesien ‘gewig verloor’ al die laaste 5 jaar bo-aan my lysie is, maar nog nooit tot vervulling gekom het nie. Inteendeel, ek word jaarliks eerder groter as kleiner. (Kind kry en my mayonnaise fetish help seker ook nie regtig nie.)

2009 is egter ‘n groot jaar – ek word in Februarie 30 wat terselfdetyd ‘n opwindende en ‘n vreesaanjaende vooruitsig is. Ek sien uit na die volwasse, meer verantwoordelike ek wat hopelik haar verskyning gaan maak (of nie), maar dit is ook met ‘n tikkie heimwee wat ek my roekelose jeug agter my laat.

Ek onthou nog hoe ek op die skrale ouderdom van 20 eenkeer vir ‘n restaurantbestuurder by wie ek ‘n kelner was gesê het; “oor 5 jaar is ek gepubliseer en dan flip jy nog steeds burgers vir ‘n lewe.” Ek is nog nie gepubliseer nie (wel nie regtig nie) en ek weet nie of die ou nog burgers flip nie, maar dit is darem fassinerend hoe vol bravade ‘n mens kan wees as jou lewe nog bars met potensiaal. Dit is meestal ook wat ek raaksien as ek na my 3 maande oue dogtertjie kyk – vragte en vragte potensiaal.

Ek het nou wel 3 dekades (minus 3 maande) minder potensiaal aan my kant, maar het besluit dat hierdie jaar sal ek in plaas van nuwejaarsvoornemens eerder lewens voornemens maak. 10 goed wat ek wil doen voor ek 40 is – ‘n hele 10 jaar se potensiaal opgesluit in 10 voornemens. Amper soos Morgan Freeman en Jack Nicholson se emmerlysie in die fliek “the bucket list” met hopelik die een groot verskil dat ek nie die emmer sal skop voor 40 nie. Maar mens weet nooit nie…

  1. Publiseer iets. Soos met die meeste talente kan mens slegs beter daarin word as jy oefen. My doel is om te oefen totdat ek goed genoeg is om deel te neem en dan sommer te wen ook.
  2. Word bruin langs die Spaanse of Griekse kus. Ek wil ‘n somervakansie in Europa gaan hou en dan met ‘n egte Spaanse tan terug kom.
  3. Tango en Salsa in Argentinie. Vir hierdie een sal ek egter eers my man moet ompraat om te gaan vir ‘n paar klasse – dit sal letterlik moeiliker wees as om daar te kom, maar wie's bang?
  4. Spandeer ten minste een keer ‘n jaar ‘n naweek saam met vriendinne in ‘n spa. En ek praat nie van Poppie se beauty salon in haar garage nie, ek praat van die plekke waar die mense met geld uithang. Ons sal egter net moet wag vir die special.
  5. Hardloop ‘n halfmarathon.
  6. Wees ‘n goeie (en beter) ma, vrou, vriendin, dogter en suster. My wiskunde onderwyser het altyd gesê ‘wees so dat mens vir jou kan lief wees’ - ek dink hierdie een val in daardie kategorie.
  7. Leef naby my Skepper. Was dit nie vir my geloof nie sou ek letterlik nie my 30ste verjaarsdag gesien het nie. Ek kan ook nie ‘n dag in my toekoms sonder Sy leiding en liefde indink nie.
  8. Lees, lees, lees. Ek wil soveel moontlik lees, nie net vir myself nie, maar ook vir my kind(ers.) Ek sal graag my groot liefde vir die letterkunde ook aan hulle wil gee.
  9. Gaan skinny dip saam met my man op ‘n plek waar dit verbode is. Ok, hierdie een is soortvan al gedoen een aand by die publieke swembad in Malmesbury, maar ek het ‘n meer eksotiese plek in gedagte gehad. (Hierdie is ook een van daardie dinge wat ek nie sal omgee om gereeld te doen nie.)
  10. Maak elke oggend opnuut my hart oop vir die potensiaal wat elke dag inhou en spandeer soveel tyd moontlik saam met al die engele in my lewe.

Kom ons hoop die volgende 30 jaar is net so interessant soos die 30 wat verby is.




Thursday, December 4, 2008

liewe lawwe lisa

Lisa is nou 5 weke oud en begin stadig maar seker persoonlikheid kry. Hierdie is die paar eienskappe wat sy tot dusvêr aan ons geopenbaar het;

1. Sy lyk soos haar pa (gelukkig, want hy is die handsome ene.) Hoe meer ek na hom kyk, hoe meer sien ek haar. Ek weet dis seker veronderstel om andersom te werk, maar ek sien my kind in my man se gesig en dit is die mooiste gesig wat ek ken.

2. Sy het haar pa se tone (ongelukkig nie die mooiste tone op aarde nie, maar aan haar lyk dit nogal oulik.)

3. Dit wil voorkom of sy haar ma se plat boude gekry het, maar gelukkig is daar nog tyd.

4. Sy het my slaapmaniere gekry - trek die kombers bo-oor haar kop (ek moet haar letterlik in die oggende soek soos sy haarself toetrek) en slaap met een arm bo-op haar gesig.

5. Sy het 'n dieselenjin soos haar pa - as sy eers slaap, kry jy haar nie sommer wakker nie (behalwe natuurlik as jy glad nie wil hê sy moet wakker word nie.)

6. Sy is 'n drama-queen soos haar ma. Sy het reeds elke gesigtrek in die boek vervolmaak en sy skreeu nie baie nie, maar as sy dag besluit om 'n keel op te sit, is dit genoeg om jou dood in jou spore te laat stop. (Ek kan nie wag totdat sy speelgoed kan rondgooi nie...)

7. Sy het sulke vol Angelina Jolie lippe, ons is nie seker nie, maar ons dink sy't dit by haar tannie Carla gekry.

8. Sy is verskriklik soet. Ons het geen idee waar dit vandaan kom nie...



Hierdie gaan 'n klein bietjie seermaak

Babies are such a nice way to start people. - Don Herrold -

Op 31 Oktober 2008 was my lang gewag eindelik verby; ons dogtertjie was oppad. Vroëer daardie week het ons dokter begin twyfel of Lisa ooit gaan sak en as sy wel sou of ek groot genoeg sou wees om haar te kon uitstoot. Gelukkig het ons nooit uitgevind nie, want ek het besluit tot hier toe en nie verder nie. (Ek het nog nie rekmerke gehad nie en 'n mens se vel kan net soveel spanning hanteer. En my klein poplap was reeds 3.8kg en my rug was amptelik besig om in te gee.)

Vroeg die oggend het ek al 'n bleek gelaatskleurtjie gehad. Kyk, ek is nie van nature 'n bang mens nie - ek het al van 'n brug afgespring en van The Heads af ge-abseil, maar ek het 'n effense naaldefobie. My ma sal kan getuig van die vele kere wat sy my in 'n spreekkamer moes rondjaag omdat ek weggehardloop het vir 'n inspuiting. Maar die winter se griepinspuiting en 'n naald in jou ruggraat is nie regtig dieselfde ding nie. Dus toe vooroor gebuk luister hoe die narkotiseer vir my sê hierdie gaan 'n klein bietjie seermaak, wat ek amper net daar op die operasietafel gepiepie het van banggeit. Die seer was darem nie so groot soos ek gedink het nie (geen naaldepyn is ooit so groot soos ek antisipeer nie, ek dink dis die hele punt van 'n fobie...) en skaars 10 minute later hoor ek die eerste perfekte gil van die mooiste meisiekind wat ek nog ooit my oë op gelê het.

'As jou baba eers daar is, vergeet jy van al die pyn en swaarkry' is woorde wat ek oor en oor gehoor het tydens my swangerskap as ek gekla het. 'Vet kans,' het ek gedink, 'ek het my blindederm laat uithaal toe ek 15 was en ek kan nog presies al die pyn onthou. Ek vergeet baie dinge, maar nie pyn nie.' Maar hier waar ek nou lê met my perfekte meisiekind, met haar pragtige mond en groot, wakker oë kan ek eerlikwaar sê: 'pyn, watter pyn?'