Gewig: 64kg
Entoesiasme vlak: 100%
Spyskaart vir die dag: Sop en vrugte - geen piesangs nie.
Ontbyt:
Sop vir ontbyt is 'n eerste (en net toe ek dink ek het al my eerstes al deurgewerk) ek het al wortelkoek vir ontbyt gehad maar nog nooit sop nie. Dit gaan moeilik af - ek is meer 'n Kellog's en koffie persoon in die oggend. Die koffie sonder suiker is nie my eerste keuse nie, maar dit help. Ten minste is dit goeie koffie.
10:00
Ek is klaar weer honger. Gewoontlik sou hierdie my yogurt oomblik gewees het. Ek werk maar nog 'n bietjie sop deur in die kombuis, want ek dink nie my kollegas sal 'n sopreuk om 10:00 oorleef nie. Ligte uie smakie in my mond - maak 'n mental note om stimirols te koop.
Ek werk 'n appel en 'n peer deur voor middagete.
13:30
Sop. Ek voel hoe hierdie uie, green pepper en seldery kombinasie besig is om kompressie op te bou. Ek vrees 'n klein ontploffintjie.
18:00
Ek maak vir ons inbly nanny en my dogtertjie spagetthi bolognaise. Uit gewoonte sit ek per ongeluk 'n stukkie kaas in my mond. My hele lyf gee so 'n klein sametrekking van lekkerkry. Ons eet sop en papaya vir nagereg. (Papaya sonder roomys is eintlik meer slaai as nagereg.)
20:00
Die ontploffing wat ek al heeldag vrees gebeur and it ain't pretty.
Ek gaan slaap vroeg om die leiding korter te probeer maak.
Ek is digter, suster, ma, vrou, vriendin, dogter, skrywer, lover, tuinier, wyn aanhanger, kos freak en realis. En hierdie is hoe ek sin maak uit die wêreld om my. Hierdie is my persoonlike Disseksie.
Tuesday, November 30, 2010
Monday, November 29, 2010
Die Sopdieet - intro
Ek het so ruk terug 'n sopdieet by my ma gekry. Dit is bleikbaar die dieet wat hulle vir pasiente gee om gewig te verloor voor hart operasies. Die beginsel is hoe meer sop jy eet, hoe meer gewig verloor jy. Elke dag kry jy iets anders om saam met die sop te eet bv. vrugte of groente. Jy mag geen alkohol of gaskoeldrank drink nie, slegs onversoete tee of koffie en water (baie opwindend.)
Ek het besluit om dit op die proef te stel. As jy dit vir 7 dae volg, behoort jy tussen 5 en 8kg te verloor (as jy nie dood neerslaan voor die tyd nie.)
Hier is die bestanddele vir die sop;
1.5kg wortels
900g tamaties
1 bossie seldery
6 groot uie
1 green pepper
2 blikkies groenbone
2 blokkies beefstock
4 liter water.

Friday, November 5, 2010
Gelukkige meisies
Ek het nog altyd borste vergelyk met emosies. Klein prettige borste is gelukkig en groot hang borste is hartseer. Ek praat altyd van my borste as my girls en tot 2 jaar gelede was my girls gelukkig. Twee honger babas later en hulle is hartseer; en ek praat nie van saggies-in-hoek-huil hartseer nie, ek praat van snikkend-skreeuend-waar-almal-jou-kan-hoor hartseer.
Vandat pappa egter gesê het dis nou bietjie my beurt om iets te kry en ek op nuwe boobies besluit het, kan ek myself nie meer in die spieël kyk nie. Ek besluit toe om die plastiek dokter te gaan sien. Hulle is bietjie vol en ek moet so maand wag, ek reken siende ek nou al 15 jaar wag, sal 'n maand seker nie die appelkar omgooi nie.
D-dag breek aan en ek vind myself in die spreekkamer saam met 'n jonger meisie en 'n oom van ongeveer 60. Ek probeer om nie te wonder waarvoor hulle hier is nie. Die meisie verstaan ek nog, maar die gedagtes wat in my kop opkom oor die oom is gevaarlik. Hy is seker hier vir sy spatare, maar die woorde lewensgevaarlike penis reduksie kom in my kop op (ek weet nie waar hierdie goed vandaan kom nie, my kop is bleikbaar 'n gevaarlike plek.)
Eindelik is dit my beurt en ek is so op my senuwees soos laas toe Jannie du Plooy my langs die skoolsaal gevry het. Ek probeer onthou wanneer 'n vreemde man laas my girls gesien het, maar dit is so lank terug en tien teen een nie 'n goeie herhindering nie, want my brein het dit uitgevee.
"Vir watter area is jy hier, want ek sien geen probleme nie." sê die dokter. (Ek is seker hy sê dit vir almal, maar nietemin, browny punte vir hom.)
"Die boobie area," is al wat ek kan uitkry (ek klink soos 'n 2-jarige op speed.)
"Nou maar trek vir my uit dan kyk ons."
Wat volgende gebeur is bietjie van 'n blur (ek dink my brein het dit ook uitgevee) maar die girls is deur hel. Hulle is opgelig, bespreek, kant toe geskuif en fotos van geneem. Uiteinde van die saak is die 13de Desember kry hulle 'n langverwagte face-lift. Ek is baie opgewonde daaroor, maar die girls is effens kwaad en daar is niks so erg soos hartseer woede nie...

Thursday, November 4, 2010
Die laaste sê
Ek het nou al heelwat e-mails en smse ontvang oor die naweek se Currie Cup en het gedink ek moet ook maar my opinie lig vir wat dit werd is. Hier is my boodskap aan die Sharks;
Julle het nou wel;
Maar ons het;
En om een of ander rede voel ek ons het die beter deal gekry...
PS. Net omdat mense van Natal altyd maak of hulle nie Afrikaans verstaan nie is daar 'n engelse weergawe ook: (Net sodat ons enige onduidelikheid uit die weg kan ruim.)
The Fat lady sings

Monday, October 25, 2010
Wednesday, October 6, 2010
Ek moes die ouerskap handleiding gelees het

Babas moes saam met handleidigs gekom het. O wag, daar is 'n paar beskikbaar. Miskien moet ek eerder sê: ek moes 'n paar handleidings gelees het voordat ek kinders gehad het. Maar nee, ek is mos 'n blommekind, glo vas my moederlike instink sal sorg dat my kinders min of meer normaal anderkant uitkom. (Toemaar, ek het alreeds 'n fonds gestig vir hulle sielkundige behandeling.)
My vriendin kuier nou die dag by my. Haar seuntjie is so 2 maande jonger as my Lisa. Op 'n stadium wys hy met sy klein vingertjie na 'n voorwerp en sê: "mamma, blou." Daar tref dit my toe soos 'n emmer koue water teen die voorkop; ek het die f*ken kleure vergeet.
Lisa kan 123, ABC en selfs al haar eie naam sê, maar weet nie die verskil tussen blou, geel en groen nie. My moederlike instink het heeltemal verby die kleure afdeling gegaan. Dit mag een van daai breinselle wees wat ek verloor het tydens my roekelose jeug.
Ons het dus nou inderhaas begin met kleure, maar op die oomblik het nog net "groen" vasgesteek en ook nie baie goed nie, want alles is groen. Selfs haar pienk bakkie is ook groen, of eerder "goen" soos sy dit sê. Nie heeltemal wat ek in gedagte gehad het nie, maar ek reken dis 'n begin.
Kommin met 'n hoofletter K

Ek is nog altyd van mening dat my volk 'n blou streep weg het. Ek sluit myself natuurlik nie uit nie - na twee glase wyn ken ek elke woord van "ek het 'n toeter op my water skoeter." Sommige van ons probeer egter baie hard om die blou te verbloem - ek het gereken as ek uit Pretoria wegtrek en my semi-soet vir Pinotage verruil, is daar geen manier dat die blou my tot in Durbanville sal kan volg nie...
Groot was my verbasing dus toe ek onlangs in een van Durbanville se meer toonaangewende geskenke winkels rondloop en so tussen die Carol Boyes broodmesse en Wonky Ware breekgoed iets gewaar wat my na my asem laat snak. 'n Dosie plastiek boob balle met die woorde "feels like the real thing" in grootdruk op die kant. My eerste gedagte toe ek een optel, was "I think not" en my tweede gedagte was "waar op aarde is ek." Ek kon natuurlik ook nie help om te wonder of ek nie maar ene moet koop vir my seuntjie vir wanneer ek binnekort weer begin werk nie ... jy weet, net vir ingeval hy my mis.
Dit is toe dat ek maar die balletjie terug sit, my Oakley donkerbrille opsit en stadig wegstap. Ek dink darem nie iemand het my gesien nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)