UB40 sing my wakker en ek is dadelik skeel beneuk. Die rede is tweeledig; eerstens UB40. Dat enige radiostasie nog UB40 kan speel, gaan my verstand te bowe, as jy dan nou moet reggae luister, (en jy't nie dreadlocks of dagga nie) luister dan maar eerder kwaliteit soos Bob Marley. En tweedens die wakker word; my man het skuins na 03:00 my wakker genies en ek kon nie weer slaap voor 05:00 nie. Dit, saam met die elke 2 ure opstaan om toilet toe te gaan, omdat daar amper 9kg op my blaas druk, beteken dat ek baie min slaap in my reeds moeë lyf het. Ek gooi amper vir UB40 van die bedkassie af en sleep my half aan die slaap lyf stort toe.
Op pad badkamer toe hoor ek 'n drip drip op die splinternuwe plafon en dis toe dat ek dit heeltemal verloor. Ok, nou moet ek eers verduidelik, my dak lek al van die begin van die winter af en ek bly in die Kaap en hier reën dit mos nie 'n bietjie nie. Ons het kwotasies gekry om die dak te laat reg maak, maar ek sou een van my niere moes verkoop om dit te kon bekostig, so intussen het ons net probeer om die skade te beperk deur 'n bietjie waterproofing aan te wend. Eers net plek-plek en toe dit nie werk nie, sommer die hele dak. Nodeloos om te sê as jy meet aan die drip-drip op die plafon, het dit ook nie gewerk nie. Jy wonder seker vanwaar my irritasie, want teen die tyd behoort ek seker nou al vrede te gemaak het met die stukkende dak. Jy sien, ek glo as 'n ding stukkend is, maak jy hom nie reg nie, jy koop 'n nuwe. My man glo mens maak hom reg. Ek het van die begin af gedink hierdie waterproofing idee is soos om 'n pleister op 'n oop wond te plak, maar net omdat ek eet vir twee, beteken bleikbaar nie ek kry twee stemme nie.
My vroeg oggend irritasie eindig toe egter nie by UB40 se gespartel en die water op die dak nie, nee, ek is gelukkig genoeg om twee staffies (wat aan ADD in die ergste graad lei) te hê wat heeltyd onder my voete beland. Neem asseblief in ag dat ek deesdae spog met koeëlronde sewe maande swanger pens en dat ek nie my voete kan raaksien as ek afkyk nie. Met die gevolg dat ek heeltyd oor die honde val, omdat ek hulle nie raaksien nie. Ek besef dat mens die ware karakter van 'n persoon kan aflei deur te kyk hoe hy gekoekte kersliggies en sy mindere hanteer, maar sal dit tel as 'n hormonale, van balans af, slaap ontneemde, sewe maande swanger vrou 'n staffie spoorloos laat verwyn?
Op pad werk toe vererg ek my liggies vir die narre wat dink hulle kan bestuur, maar dit is vir my 'n daaglikse verskynsel en ek steur my nie veel daaraan nie. By die rooi robot langs die kerk se muur sien ek 'n man sit in die reën onder sy swartsak; sy bed langs hom opgerol. En ek dink ja, Hanli, jy kla oor 'n dak wat lek, maar ten minste het jy 'n dak. My dogter gee my 'n skop in my sy so asof sy dit beaam, ten minste behoort een van ons nog die gekoekte kersliggie toets deur te kom.
Ek is digter, suster, ma, vrou, vriendin, dogter, skrywer, lover, tuinier, wyn aanhanger, kos freak en realis. En hierdie is hoe ek sin maak uit die wêreld om my. Hierdie is my persoonlike Disseksie.
Thursday, August 28, 2008
Saturday, August 16, 2008
Meisiekind
Meisiekind
jy hardloop deur my
soos die wilde wind;
jaag vlinders deur my lyf
en hang jou glimlag
aan my hart se punt.
Met elke klop van jou hart
bly my liefde blind
vir ewig aan jou gebind
My hart blom rooi
vir jou my mooiste mooi
meisiekind
jy hardloop deur my
soos die wilde wind;
jaag vlinders deur my lyf
en hang jou glimlag
aan my hart se punt.
Met elke klop van jou hart
bly my liefde blind
vir ewig aan jou gebind
My hart blom rooi
vir jou my mooiste mooi
meisiekind
Thursday, August 14, 2008
Stille rebellie
Ek het 'n drang na rebelsheid. Daai goth-chick met die oorring deur haar neus en 'n tattoo van Elvis op haar linker bo-arm hier binne my, is besig om amok te saai. Ek neem aan dit het iets te doen met die feit dat ek amper 7 maande swanger is, en die besef dat die lewe soos ek dit tot nou toe geken is, amptelik verby is.
Miskien as ek een van daardie vrouens was wat geblom het tydens hulle swangerskap, sou dit dalk makliker gewees het. Jy weet, die Angelina tipe wat met 'n tweeling kan rondloop en nog steeds lyk soos 'n Griekse godin. Nee, ek blom nie. Die enigste glans wat ek afgee is die olie wat my vel uitskei van al die hormone. My neus is permanent toe en ek begin 'n effense swelling om my enkels optel. En om iets te kry om aan te trek vir 'n troue is hoogs onmoontlik want die swanger klere reekse lyk almal of jy op 'n staptoer moet gaan. Asof hulle aanneem omdat jy nie drink nie, sal jy seker nie wil uitgaan nie.
Maar terug by my rebelsheid. Ek is ernstig in die bui vir een laaste wilde aand. Ek wil my stywe jeans en my lae hals toppie aantrek, êrens gaan waar ek op die tafel kan dans en 'n paar shooters kan afgooi. En dan in die vroeë oggend ure wil ek iets onvanpas doen soos skinny dip in Bloubergstrand se ysige see of 'n tattoo van 'n goudvis op my linkerboud kry.
Maar siende dat ek nie my ongebore kind wil skend vir die res van haar lewe nie (en dat ek na 21h00 in die aande omval van moegheid) sal ek maar moet gaan vir die tweede beste - 3 bakke roomys met sjokolade sous, ronddans (in my kamer) in my onderklere op maat van Enrique en 'n lang, warm skuimbad. Ons kan more weer oorslaan na groente en Barok, want kom ons wees eerlik, dit is my kind en dit sal baie meer as barok vat vir haar om heeltemal normaal te wees.

Tuesday, June 17, 2008
Ou vriende en die land van silwer mis
Magoebaskloof is geleë aan die Noordelike punt van die Drakensberge in die Limpopo provinsie en word gereeld verwys as 'die land van silwer mis.' Dit was dan ook in hierdie prentjiemooi area waar ek my onlangs bevind het saam met 'n paar ou skoolvriende.Ons - dit is nou my skoolvriendinne en ek - het vir die laaste drie jaar al 'n staande jaarlikse afspraak. Ons reël om oor 'n langnaweek êrens in die land te ontmoet en dan op te vang. Natuurlik gaan ons beter helftes saam, maar hulle slaan gewoonlik op die vlug met die eerste aanduiding van enige iets wat na 'n 'diep' gesprek lyk (en glo my daar is redelik baie.) Gewoonlik vlug hulle na die naaste golfbaan, of soos hierdie jaar, na die naaste viswater.
Vlieghengel is baie gewild in die kloof en een van my vriendinne se mans, Tiaan, is 'n redelike fanatikus. Hy het dan ook die ou takie op homself geneem om van die ander drie manne kranige vlieghengelaars te maak. Nou wat ek (of my man of enige van my ander vriendinne se mans) van vlieghengel af weet is gevaarlik. Ek en my vriendinne is dit egter eens dat dit glad nie sleg gelyk het toe Brad Pitt dit in A River Runs Through It gedoen het nie. Brad het dit egter makliker laat lyk as wat dit werklik is, soos Brad nou maar doen, want na die derde aand het ons manne met geen vis en seer skouers gesit. En soos Tiaan met reg gesê het, as jou skouer seer is, doen jy dit verkeerd.
Maar so vermaaklik soos hulle ook nou kan wees, is hierdie naweek nie vir die manne nie. Min mense bly vriende met die mense saam met wie hulle op skool was. Meeste mense ontmoet hulle lewensvriende eers na skool, wanneer hulle hulself nou gevind het en so aan. Ek is een van daai gelukkige mense wat die grootste gedeelte van my vriende al my lewe lank saam met my dra. Die meeste van hulle het saam met my groot geword, dwarsdeur van my eerste verjaarsdag tot nou. Hulle weet byvoorbeeld wie my eerste soen was, van al my swak haarstyl keuses en my kortstondige dog passievolle rebellie. Dit is dus vir my onmoontlik om 'n jaar te laat verbygaan sonder dat hulle deel was daarvan.
En in hierdie kloof kan jy goed opvang. Die stiltes maak jou rustig en laat jou toe om jou siel oop te gooi. Jy onthou weer van dinge wat jy amper al vergeet het en lag weer uit jou maag. In die koue aande om die kaggel voel jy asof niks meer geheim is nie en jy deel jou diepste seer. En niks maak 'n ou seerplek so heel soos 'n lekker huil saam met mense wat jou hart ken nie. Min plekke is in elk geval so veilig soos die in die harte van jou susters.
Ek ag myself gelukkig om so 'n mooi stukkie aarde te kon deel saam met mense vir wie ek lief is. Nog 'n prentjie van my mooi land en sy mooier mense wat ek kan gaan liaseer onder goeie herhinderinge. Ek kan nie wag vir die volgende keer nie.
Saturday, May 31, 2008
Wens
Ek kom uit 'n familie van sterk vrouens, en hulle is oral. Van my ouma, deur haar dogters tot by my en my suster en my niggies. Elkeen maar met 'n wil van haar eie. Die mans in my familie moes maar nog altyd effens ligloop. Dit was dus vir my geen verbasing toe die dokter na een van ons sonars vir my sê dat ek 'n dogtertjie verwag nie. My man, aan die anderkant, kom uit 'n familie van mans. Mans net waar jy kyk en ek dink hy het werklik geglo dat dit hoogs onmoontlik is vir hom om enigsins 'n dogtertjie te maak. Dit was dus ook nie vir my snaaks toe hy, effens bleek, vir my vra "wat maak 'n mens met dogtertjies?" nie. My antwoord was eenvoudig "jy't hulle net lief, die res doen hulle gewoonlik self."
Ons het besluit om haar Lisa te noem en sal haar ook so inlig wanneer sy ons die dag met haar teenwoordigheid kom vereer. Lisa is afkomstig van my ma en haar ouma se familie name Elizabeth en Eliza. In Hebreeus beteken Lisa "Consecrated to God" of direk vertaal God se spesiale een of God se heilige een. Dit is 'n wenner wens vir enige iemand en bo dit wens ek haar ook die volgende.
Wens - vir Lisa
Ek wens vir jou 'n lewe vol mense wat jou in jou oë kan kyk en tot binne jou hart sien.
Ek wens vir jou briewe wat met die hand geskryf word, vol woorde wat in jou binneste speel.
Ek wens dat jy altyd naby jou familie sal wees, want hulle weet waar jy vandaan kom en wie jy is.
Ek wens vir jou 'n land waar jy jou eie taal kan praat en jou voetspore kan neerlê in haar sand.
Ek wens vir jou 'n geloof wat jou altyd weer heel sal maak, maak nie saak hoeveel keer jy breek nie.
Ek wens vir jou musiek wat stories vertel met woorde wat met jou hart praat.
Ek wens vir jou boeke en boeke vol woorde.
Ek wens vir jou ten minste een groot liefde wat jou knieë sal lam maak en jou spoeg sal laat opdroog. Met baie vlinders en bietjie bloos.
Ek wens dat jy altyd sal weet hoe spesiaal jy is, nie omdat jy eerstespan hokkie speel of 'n A vir Wiskunde kry nie, maar omdat jy 'n hart het so groot soos die oseaan en die glimlag van 'n engel.
Ek wens vir jou 'n sagte hart in onskuld toegevou, selfs al maak die lewe jou soms seer.
Ek wens vir jou vriende wat jou geheime sal hou en jou trane sal afdroog.
Ek wens vir jou eindelose drome, gelukkige herhinderinge en baie hoop.
Maar bo dit als wens ek vir jou vir altyd net liefde.

Wednesday, April 30, 2008
Trek my aan, maar los my by die huis

Ek is een van daai mense wat jy kan aantrek, selfs 'n bietjie make-up aansit, maar nêrens heen kan vat nie. Dit weet die meeste van my vriende al, maar moes my man ongelukkig op die harde manier leer.
Dit was met een van sy werksfunksies dat ek myself maar by die versnapperingstafel gaan staanmaak het - prokureur praatjies maak my altyd honger. My gestel kan net soveel vat van artikel soveel van die wet op blah blah, voordat ek honger en dors raak. Ek peusel toe maar aan alles, van 'n kasie tot 'n koekie totdat ek uit die hoek van my oog 'n bakkie neute bespiegel. Nie jou gewone gebakte grondboontjie en roesyntjies nie, maar 'n donkerkleurige, langwerpige neut. Siende dat ek altyd tyd het om iets nuuts te probeer vat ek sommer vir my 'n handjievol en gooi dit in my mond. Met die dat ek afbyt (in afwagting vir daai neut geur om deur te kom) byt ek op ietsie hard vas. Toe nie neute nie. Tot my skok besef ek wat dit is, dieselfde tyd wat ek besef dat al die mense om die tafel na my staar - olyf pitte. Dit was die bakkie waarin die mense olyfpitte sit nadat hulle dit klaar geëet het. In my mond lê daar dus op daardie oomblik 'n versameling van verskeie mense se uitgespoegte olyfpitte... Ek het besef dat ek dit nie alles met een gebaar kon uitspoeg nie en haal dit toe maar een vir een uit en sit dit terug in die bakkie. My man was woordeloos en van toe af maak hy seker dat op elke partytjie hy vir my die bakkie olyfpitte uitwys voor die tyd. Hy hou dit altyd vir my en vra; "'n olyfpit vir jou?"
Op 'n ander geleentheid nader een van sy kollegas my en vra of ek 'n sekere vrou ken saam met wie ek geswot het. "Ja", sê ek baie seker van myself; "gay as a summer's day." Ek sien toe dat my man en die kollega effens wit raak. "O," sê die "ek trou volgende naweek met haar." Toe nie gay nie. My man het net sy kop geskud en weggeloop.
Dit was ook die laaste keer wat sy werk die gades saamgenooi het. Ook maar 'n bedekte seën, want ek weet nie hoe hy enige vooruitgang in sy beroep sal maak met die bystand van my sirkus toertjies nie.
Saturday, March 29, 2008
Op die paal

Om swanger te wees is deesdae 'n modebykomstigheid. Swanger vroue is hoog nuus in Hollywood en tydskrifte betaal duisende rande vir pienkvoet se eerste fotosessie. Ons eie Patricia en Amor het self hulle rondings op al wat 'n voorblad van Suid Afrikaanse tydskrifte gehad. (Dank die vader swangerskap duur net 9 maande, want ek dink nie ek sou nog foto kon oorleef nie.) Kyk, ek verstaan dat 'n mense Brad en Angelina se nasate van nader wil bestudeer, want enige iets wat uit daai kombinasie kan voortspruit kan net lekker wees, maar vir die res, ek weet darem nie.
Sowat 'n jaar en 'n half gelede het ek en my beter helfte self besluit om ouerskap 'n kans te gee. (Dit was laat een Saterdagmiddag en ons het niks anders gehad om te doen nie.) Na my ma se vriendelike waarskuwing oor die vrugbaarheid van die vrouens in ons familie was ek redelik gerus dat dit nie 'n lang wag sou wees nie. Verbeel jou my verbasing toe daar na drie maande en vele stokkie-piepie sessies nog steeds net een strepie is. "Dit vat maar gewoonlik so 6 maande" was almal se wyse raad en ek besluit om tog maar die bietjie geduld in my stoorkamer te probeer gebruik. Nog drie maande en vele swangerskap toetse later en steeds net daai een strepie.
Tot my man se teleurstelling besluit die desperate Hanli om in te gryp met navorsing en soveel raad as wat my klein oortjies kan inneem. Ons probeer alles van op my kop staan (en die wat my ken sal weet 80% van my liggaam oppervlakte sit in my bolyf, so dit is nie 'n gemaklike posisie nie) tot my liggaamstemperatuur neem 06h00 in die oggend (met 'n koorspen wat geluide maak as hy gereed is om gelees te word) en shag op skedule (romanse se ma.)
Nog ses maande later en steeds ontwyk daardie tweede strepie op die swangerskap toets my en ek besluit om mediese hulp in te roep. Polarisistiese ovarium sindroom is die groot woorde wat die dokter by die fertiliteits kliniek in my ore kom lê. Ek ovuleer te ongereeld om presies vas te stel wanneer dit gebeur. Hy skryf vir my klein wit pilletjies voor wat my 'n voorsmakie gee op menoupause met die gloede wat ek kry en een drie maande later verskyn daar 'n tweede strepie, lig maar daar. Ek moet drie keer kyk om seker te maak dit is nie 'n hallusinasie nie. Ek ry dadelik hospitaal toe vir 'n bloedtoets, skuif nie by begin verby nie, samel nie R200 in nie. Dis Positief! sê suster aan die anderkant van die lyn en ek voel of ek haar oopmond kan soen.
Dit was 'n maand en 'n half terug en ek is vandag 8 weke swanger. Ek lyk glad nie soos Angelina (of Amor of Patricia) nie en het ook intussen uitgevind die 'positiewe gloei' waarvan ek so baie gehoor het is eintlik maar net olie wat jou vel afskei as gevolg van al die hormone. Great, my borste is 'n kortkoppie kleiner as Pamela Anderson s'n en ek blink! Ek lyk soos die vetgemaakte koei. Die reuk van rooivleis stuur rillings deur my lyf en ek gaan slaap elke aand 18h00. Maar in daai paar minute voor my lyf homself aan die nag oorgee, verbeel ek my ek kan 'n tweede hartklop voel...
Subscribe to:
Posts (Atom)