We write to taste life twice, in the moment and in retrospect - Anais Nin.
Ek onthou in een van ons voorgeskrewe boeke in Matriek, Die rebellie van Lafras Verwey, het een van die karakters se water gebreek en sy het toe so uitgesree; waarop Lafras haar van agter die deur geantwoord het; "moet net nie in die glasstukke trap nie."
Soms as iets binne my breek wil ek vir die mense rondom my ook waarsku; pasop net vir die glasstukke.
Glasstukke
jy moes dit nooit sien nie
ek het probeer om jou weg te hou
van die vlymskerp stukies van my hart
en die donker waaraan ek so krampagtig vashou
jou prentjie van my moes dieselfde bly
van 'n krulkop meisie met 'n sorgelose lag
maar toe kom krap jy in my donker hoekies
en probeer dag maak van my nag
jy het so hard probeer om my heel te maak
stukkie vir stukkie weer op te bou
deur my trane en jou herhinderinge
hard gesoek vir die meisie wat jy onthou
nou sit jy daar: prentjiemooi
jou hande stukkend gesny
en al wat ek oor my lippe kan kry
is ek wens jy kon bly
1 comment:
dit vou die emosies toe in 'n kombersie van woorde. maak dit bymekaar, om weer iewers anders weg te bere. ek wil nie se mooi ni, want dit maak nie sin nie, ek wil nie se goed nie want dit beskryf dit nie reg nie, net dat jy die vermoe het om emosies in woorde vas te vang soos min ander digters.
Post a Comment