Ek is digter, suster, ma, vrou, vriendin, dogter, skrywer, lover, tuinier, wyn aanhanger, kos freak en realis. En hierdie is hoe ek sin maak uit die wêreld om my. Hierdie is my persoonlike Disseksie.

Thursday, December 9, 2010

Sopdieet - dag 3

Gewig: 63kg (Dankie streetwise two)
Entoesiasme vlak: 2.5%
Spyskaart: Sop met vrugte en groente

08:30
Rooibos en heunig yoghurt. Ek weet, dit is nie op die spyskaart nie, maar die lewe is heeltemal te kort om sop vir ontbyt te eet.

13:00
Sop. Ek wurg dit in. Ek gril so bietjie met elke sluk.

17:00
Ek is besig om goed uit te sit vir aandete toe ek besef: die sop is op. Daar is 2 dinge wat nie vanaand gaan gebeur nie; 1. ek sal nie weer daai sopmengsel aanmaak nie, want 'n 3dae-uiereuk in my huis sien ek nie voor kans nie en 2. wynonthouding - mens kan net soveel dinge nugter hanteer.

18:30
Lasagne met slaai. Ek gooi sommer bietjie mayonnaise by vir effek. O ja, en 'n groot glas Merlot. Happiness.

Lesse:
  • Dieët is vir die voëls
  • Ek moet eerder meer oefen as minder eet.
  • Die lewe is te kort om heeltyd nugter te wees.
  • Sop maak jou dom.

1 comment:

Adele said...

Ek het hierdie nou so geniet, veral omdat ek onlang ook hierdie walglike dieet probeer het!
Moet asseblief nie ophou skryf nie, ek sien uit na nog!