Ek is digter, suster, ma, vrou, vriendin, dogter, skrywer, lover, tuinier, wyn aanhanger, kos freak en realis. En hierdie is hoe ek sin maak uit die wêreld om my. Hierdie is my persoonlike Disseksie.

Wednesday, September 28, 2011

Skadu's teen die muur

Vandag was 'n moeilike dag. My vriendin op universiteit het altyd gepraat van die olifante wat op haar bors trap. Die olifante was vandag vierkantig op my bors. Die Engelse het 'n wonderlike uitdrukking van wallow in your misery. Nou as ek voel soos ek vandag voel, hou ek daarvan om te wallow in my misery. Die beste manier om dit te doen is om jou te omring met woorde wat met jou hart praat. En as daar nou een man is wat weet van wallow, dan is dit onse Koos du Plessis. So hierdie is opgedra aan my misery.

Liedjie: Skadu's teen die muur
Lirieke: Koos du Plessis
Alle prentjies: We heart it

Die donker kom van buite
en syfer deur die ruite,
en ek gooi nog 'n paar kole op die vuur

En die tafel en die laaikas
en alles wat eers vas was,
versmelt tot blote skadus teen die muur
Ons drome van gister,
word somber en sinister
want kyk, alles het 'n vasgestelde uur
Ons beplan toringblokke,
maar die slopers is betrokke,
en ons drome is bloot skadu's teen die muur
Met orrelbeleiding kom die voorspel tot die skeiding,
maar dis alles reg
die liefde is 'n vuur
En van die vurige hofmaak
hoor ons later in die hofsaak,
want die liefde is 'n skadu teen die muur.
In swart of wit getooi,
in 'n stoet of 'n konvooi,
wonder elkeen hoe lank alles nog sal duur.

En leef holderstebolder,
want die kis wag op die solder,
en die lewe is 'n skadu teen die muur
Die donker kom van buite,
en syfer deur die ruite,
en ek gooi nog 'n paar kole op die vuur
En my voete en my hande
word ou bekende lande,
in skadukaarte teen die kamer muur

Die wêreld word 'n skadu teen die muur
'n flikkerende skadu teen die muur.

1 comment:

Unknown said...

Hello daar


Jy kan na die oorspronklike opname deur Koos Du Plessis hier luister: https://www.youtube.com/watch?v=1b5kBcwWTKc

Dankie vir jou dieper insae - ek sou nooit daaraan gedink het om die lyrieke met prentjies te paar nie. Miskien is jy die rede hoekom Koos so vinnig gery het daai aand...ons moet almal soms skouer aan die wiel sit om weg te kom van die realiteit van mense se eenvoudigheid.

Ek wil ook jou help om jou woordeskat te verryk sodat jy nie Engelse woorde in jou sinne hoef te gebruik nie. Laai die volgende program vir jou seluleretoestel af: https://goo.gl/yZwxUZ.

Dankie.