Ek het nog altyd borste vergelyk met emosies. Klein prettige borste is gelukkig en groot hang borste is hartseer. Ek praat altyd van my borste as my girls en tot 2 jaar gelede was my girls gelukkig. Twee honger babas later en hulle is hartseer; en ek praat nie van saggies-in-hoek-huil hartseer nie, ek praat van snikkend-skreeuend-waar-almal-jou-kan-hoor hartseer.
Vandat pappa egter gesê het dis nou bietjie my beurt om iets te kry en ek op nuwe boobies besluit het, kan ek myself nie meer in die spieël kyk nie. Ek besluit toe om die plastiek dokter te gaan sien. Hulle is bietjie vol en ek moet so maand wag, ek reken siende ek nou al 15 jaar wag, sal 'n maand seker nie die appelkar omgooi nie.
D-dag breek aan en ek vind myself in die spreekkamer saam met 'n jonger meisie en 'n oom van ongeveer 60. Ek probeer om nie te wonder waarvoor hulle hier is nie. Die meisie verstaan ek nog, maar die gedagtes wat in my kop opkom oor die oom is gevaarlik. Hy is seker hier vir sy spatare, maar die woorde lewensgevaarlike penis reduksie kom in my kop op (ek weet nie waar hierdie goed vandaan kom nie, my kop is bleikbaar 'n gevaarlike plek.)
Eindelik is dit my beurt en ek is so op my senuwees soos laas toe Jannie du Plooy my langs die skoolsaal gevry het. Ek probeer onthou wanneer 'n vreemde man laas my girls gesien het, maar dit is so lank terug en tien teen een nie 'n goeie herhindering nie, want my brein het dit uitgevee.
"Vir watter area is jy hier, want ek sien geen probleme nie." sê die dokter. (Ek is seker hy sê dit vir almal, maar nietemin, browny punte vir hom.)
"Die boobie area," is al wat ek kan uitkry (ek klink soos 'n 2-jarige op speed.)
"Nou maar trek vir my uit dan kyk ons."
Wat volgende gebeur is bietjie van 'n blur (ek dink my brein het dit ook uitgevee) maar die girls is deur hel. Hulle is opgelig, bespreek, kant toe geskuif en fotos van geneem. Uiteinde van die saak is die 13de Desember kry hulle 'n langverwagte face-lift. Ek is baie opgewonde daaroor, maar die girls is effens kwaad en daar is niks so erg soos hartseer woede nie...
No comments:
Post a Comment