Ek is digter, suster, ma, vrou, vriendin, dogter, skrywer, lover, tuinier, wyn aanhanger, kos freak en realis. En hierdie is hoe ek sin maak uit die wêreld om my. Hierdie is my persoonlike Disseksie.

Tuesday, November 30, 2010

Die Sopdieet - dag 1

Gewig: 64kg
Entoesiasme vlak: 100%
Spyskaart vir die dag: Sop en vrugte - geen piesangs nie.

Ontbyt:
Sop vir ontbyt is 'n eerste (en net toe ek dink ek het al my eerstes al deurgewerk) ek het al wortelkoek vir ontbyt gehad maar nog nooit sop nie. Dit gaan moeilik af - ek is meer 'n Kellog's en koffie persoon in die oggend. Die koffie sonder suiker is nie my eerste keuse nie, maar dit help. Ten minste is dit goeie koffie.

10:00
Ek is klaar weer honger. Gewoontlik sou hierdie my yogurt oomblik gewees het. Ek werk maar nog 'n bietjie sop deur in die kombuis, want ek dink nie my kollegas sal 'n sopreuk om 10:00 oorleef nie. Ligte uie smakie in my mond - maak 'n mental note om stimirols te koop.

Ek werk 'n appel en 'n peer deur voor middagete.

13:30
Sop. Ek voel hoe hierdie uie, green pepper en seldery kombinasie besig is om kompressie op te bou. Ek vrees 'n klein ontploffintjie.

18:00
Ek maak vir ons inbly nanny en my dogtertjie spagetthi bolognaise. Uit gewoonte sit ek per ongeluk 'n stukkie kaas in my mond. My hele lyf gee so 'n klein sametrekking van lekkerkry. Ons eet sop en papaya vir nagereg. (Papaya sonder roomys is eintlik meer slaai as nagereg.)

20:00
Die ontploffing wat ek al heeldag vrees gebeur and it ain't pretty.

Ek gaan slaap vroeg om die leiding korter te probeer maak.

1 comment:

Sunee said...

Dit klink na 'n vreeslike dieet en as jy dit kan volhou en gewig verloor dan haal ek my hoed vir jou af. Soos altyd, geniet ek jou blog vreeslik en lag ek lekker terwyl ek dit skelm by die werk lees - hou so aan :)