Ek is digter, suster, ma, vrou, vriendin, dogter, skrywer, lover, tuinier, wyn aanhanger, kos freak en realis. En hierdie is hoe ek sin maak uit die wêreld om my. Hierdie is my persoonlike Disseksie.

Thursday, July 30, 2009

Soen my gou

Pardon my lips, they find pleasure in the most unusual places. - quote from the movie A good Year.

Ek is geseënd (sommige sal reken gestraf) met die gawe van droom. Ek droom elke aand van my lewe en elke droom is tot in die fynste detail; van reuke tot teksture ek kan alles sien, hoor en ruik. Dit is so werklik dat ek sommige oggende wakker word met 'n gevoel van verlies; asof ek 'n verhouding beeïndig het. My vriend Charl sê altyd, as ek hom so van my vorige aand se droom vertel, dat hy bly is hy hoef nie in my kop te bly nie, want dit moet 'n skrikkerige plek wees.

Gepraat van skrikkerig - gisteraand het ek gedroom van my standerd 8 kêrel, Jannie du Plooy. Die droom was nou nie regtig iets om oor te vertel nie, maar dit het my weer laat onthou hoe lekker hy gesoen het (en my 5 ander vriendinne waarmee hy uitgegaan het, sal vinnig saamstem.) Na Jannie was dit altyd 'n voorvereiste - hy moes kon lekker soen, as hy nie kon lekker soen nie, het ek aanbeweeg. Wat? Jy dink dis 'n bietjie oppervlakkig? Wel dink daaroor, ons almal het 'n voorvereiste wat vinnig bepaal of die verhouding kan aangaan of nie. En dan is daar die een ding wat jou so afsit, dat selfs sy lekker soen jou nie daaroor gaan laat kom nie. Myne is vuil, skurf elmboë, niks sit my meer af in 'n man as vuil elmboë nie. Of bakterieë freaks wat die jik uitruk as jy sy lepel afgelek het. My vriendin Lienka het altyd eers na die skoene gekyk - wit skoene was uit en vellies met rooi of groen veters was 'n groot nee. Tersia kon nie 'n man met stink asem uitstaan nie en my suster Carla verloor dit so bietjie met iemand wat heeltyd snuif.

Maar ek dwaal af, terug by die soen - my pa het altyd gesê daar is 2 dinge oor sy dogters waaroor hy nooit bekommerd sal wees nie; ons sal nooit anorexia kry nie en ons sal nooit gay wees nie, want, was sy redenasie, ons hou heeltemal te veel van kos en kêrels (nie noodwendig in daai volgorde nie.) En as ek daaroor moet bieg, ek is 'n vryer, ek is mal oor vry. Met elke nuwe verhouding het ek in die eerste week sulke fyn rofies op my ken gehad van al die vry.

Lisa het haar eerste rapport huis toe gebring - in die kommentaar gedeelte staan daar 'Dit is 'n plesier om Lisa in my klas te hê, sy is 'n liefdevolle en besige meisiekind.' My kind is 9 maande oud en word beskryf as liefdevol! Ek is bevrees dit is nou amptelik; ons het nog 'n vryer...

PS. Vir duidelikheid 'vry' in Hanli terme is alles bo die belt, maw soen en al die lekker goed wat daarmee gepaard gaan.

Friday, July 24, 2009

True Colours



I have always been rather independant. This has been mostly my choice. I even chose to study 1000 km from home so I can prove my independance, more to myself than anyone else. This has not always been easy, but necessary. Even after getting married my husband and I have been very independant from each other. We each had our own money, own friends, own interests - we split the expenses down the middle and never questioned what the other one did with their 'private' money. This was until we had the one thing that will make us dependant on each other for the rest of our lives - our little flower, the lady Lisa.

Never could I have imagined that such a tiny person whose vocabulary consists of the total of three words namely mama, dada and baba; could teach me so much about myself. I have found myself to be patient, loving, caring and soft. I have also become strong, much stronger than I thought I will ever be. I have realised how dependant I am of so many people - family, friends and my husband. As they say; it takes a village to raise a kid. I have always been very hard on myself; setting impossible goals and judging myself on incredibly high standards. When I look at myself as a mother, I feel I am finally passing the test. When Lisa looks at me with a smile in her big blue eyes, things fall into perspective and life somehow makes sense.

Being a mother is not only a gift, it is a privilige. I sometimes miss my independance. I long for the freedom that only having no responsibilities can provide. There is still something that sometimes pull me in that direction, but what keeps me grounded is so much bigger. There is a nomad inside me who will forever long to be running with the wind, but as the time passes her voice will become softer, until maybe only a whisper will remain.

Tuesday, July 7, 2009

Ontnugter

Die HAT gee die betekenis vir die woord ontnugter as; 'n illusie ontneem.


Wie is ek?

Ek dra my hart vierkantig op my mou, sodat jy nie sal wonder oor die hartseer in my oë nie.
Ek weet van jou hartseer lank voordat jy my sê
Ek verstaan van seer en alleeen en lag en gelukkig, want ek was al baie keer daar.
Ek vind iets sensueel aan wat die son en wind aan my lyf kan doen as ek op die strand lê.
Daar is 'n wêreld in my kop waar mense bly wat ek nog nooit ontmoet het nie.
Ek verstaan onvoorwaardelike liefde wanneer ek na my dogter kyk.
Dieet is sonde en detox is 'n vonnis.
My hart is groot en sag, maar jy sal dit net weet as jy styf teen my kom staan.
Ek is bereid om vir jou alles te gee as jy bereid sal wees om dit op te pas.

Dit laat my asemloos;
'n Sagte mond wat in die holtes van my nek pas en daar vertoef soos 'n soet herhindering
Hande wat aan my lyf kan vat sodat jy die lyntjies van die vingerafdrukke kan voel
Woorde wat in my oor kom speel en daar aan die slaap raak

Dit maak my seer;
Harde woorde wat gemaak is om my te breek.
Drome wat moet wag en soms net in die niet verdwyn.
Mense wat my moet liefhê maar nooit die kapasiteit van my hart besef nie.

Wie is ek?

Friday, July 3, 2009

'n Broertjie dood

Sekere dinge hou ek net nie van nie soos byvoorbeeld geel motors en ongemanierde kinders. Dan is daar dinge wat ek nie kan verdra nie. Hierdie is die goed wat onder my vel inklim en my aan die binnekant krap. Vir my is hierdie dinge so verregaande dat my mond elke keer oophang as dit gebeur en alles binne my skreeu; wat de f&%$ het jy gedink!!?? Aan die volgende het ek nie net een nie, maar 'n paar broertjies dood. (Dit is onder andere hierdie uitrdukking en die liedjie Siembamba wat my laat wonder oor ons voorvaders. Maar meer hieroor later.)

Honde wat in inkopie trollies rondgestoot word of in handsakke gedra word. Ek verstaan dit nie. Wil iemand dit nie asseblief vir my verduidelik nie? Enige iemand wat vir een oomblik dink dat dit natuurlik is vir 'n hond om in 'n handsak rondgedra te word moet hulp kry, dit sluit natuurlik die helfte van Hollywood in. Ek kan nie aan julle verduidelik wat dit aan my doen as ek besig is om inkopies te doen en voor my loop 'n tannie met haar trollie en wagter lê op sy kombersie reg langs die broodrolletjies nie. Watter gedeelte van die memo oor ons werk met kos hier, het jy nie gekry nie?

Mense wat stadig ry in die vinnige baan. Hou links gaan regs verby - hierdie padreël is nie vir jou gesondheid uitgedink nie - daar is 'n stadige baan vir 'n rede. As ek op die snelweg in die vinnige baan moet remme aanslaan omdat die nar voor my besluit het 80km per uur maak eenvoudig net meer sin as 120km per uur, dan verloor ek dit. Doen my 'n guns, gaan lees ten minste net deur die padreëls selfs al koop jy jou lisensie.

Mieliepap; slymerige meelmengsel met growwe stukke tussen-in. Het ek nodig om meer te sê? Hierdie is miskien nie heeltemal regverdig nie, want ek het in 'n koshuis grootgeword en was gedwing om mieliepap te eet. Die tafelhoof (wat 'n 13 jarige meisie was) het aan die tafel bly sit totdat ek my bak pap opgeëet het. Dit was altyd soos 'n episode uit fear factor - ek eet 'n lepel, walg, gooi bietjie in my mond op, eet nog 'n lepel, walg...jy kry die prentjie.

Klikkiebekke. Ek praat nie van Ma, boetjie trek my hare nie, ek praat van grootmens klikkiebekke. By my maatskappy is daar 'n paar individue wat oor alles HR toe hardloop. As iemand te hard praat of te hard lag of net nie genoeg glimlag nie dan word hulle by HR verkla. Verstaan my mooi, ek het nie probleme met goed soos seksuele teistering of onregverdige behandeling nie, maar die onsinnighede wat partykeer daar uitkom is belaglik. As mens 'n probleem het met iemand, staan jy op, loop tot by hom en sê vir hom reguit jy het 'n probleem. Ek is self meer 'n blommekind; ek maak eerder liefde as oorlog, maar daar is nie 'n groter lafaard as die een wat agter iemand anders moet wegkruip nie. Gaan maak jou eie oorlog of byt op jou tande.

Nou moet ek vir eers ophou, want net om aan hierdie dinge te dink irriteer my so dat ek nou skoon onsteld is. Tot my maag draai, maar dit kan ook dalk net wees as gevolg van herhindering aan mieliepap.

Thursday, July 2, 2009

Voodoo

ek weet jy is nog hier iewers
jou spore lê duidelik in die sand
jou reuk speel wegkruipertjie in die lug
jou lippe sag in die holte van my hand
jou stem eggo deur die gange
jou trane hardloop deur my skryf
ek weet jy is nog hier iewers
in die voodoo van my lyf

Wednesday, June 24, 2009

Hoeveel geld moet jy hê om ryk te wees

If you want to know what God thinks of money, just look at the people he gave it to.
- Dorothy Parker -

Ons ken almal daai stories van hoe die vorige geslag arm groot geword het - daar was nooit geld vir skoene of vakansies nie. Hulle het hulle eie speelgoed gemaak en met die donkiekar skool toe gery. Al hulle klere was handgemaak, hulle het pap geëet en seep gekook. En dan sal hulle altyd sug en met so vêr-af kyk in hulle oë sê 'julle jongmense weet nie wat dit is om arm te wees nie.'

Ek het nog altyd so na hierdie stories geluister en maar net my seëninge getel, want die hemel weet ek hou nie van pap nie en my seep moet na blomme ruik. Dit is egter die laaste tyd wat my man gereeld vir my hierdie sinnetjie voor my kop gooi, dat ek werklik daaroor begin dink het en tot die skokkende besef gekom dat ek wel arm groot geword het...

Ons huis het sementvloere gehad, want daar was nie geld vir matte of teëls nie. Ons het 'n groen Ford Grenada gery wat se uitlaatpyp gereeld op die grond gesleep het. Ek het so geel no-name brand rakket gehad wat se verf naderhand begin afgaan het, want daar was net eenvoudig nie geld vir 'n nuwe een nie. Ek was in 'n koshuis en het R5 per week sakgeld gekry. Daar was nooit regtig geld vir enige iets behalwe die noodsaaklikste nie, maar dit het my nie gepla nie, want ek het nooit gevoel ek kom iets kort nie. Ek het nie duur speelgoed nodig gehad nie, want ek kon ure op die plaas ronddwaal in my eie wêreld. Dit was heerlik om in die warm somer op die koel sementvloer te gaan lê. Jy kon maar vir my 'n Wilson ook gegee het, maar met my rughand sou ek in elk geval nie verder as die skool se 2de span kom nie. Ek en my suster het ons doodgelag vir die groen Ford (ons doen nou nog.) My pa het die beste sin vir humor gehad so alles was altyd snaaks en my ma kon jy deur 'n ring trek al het sy nie die duurste klere aangehad nie. Ek het my nooit geskaam vir my huis of my ouers of my eie tekortkominge nie. Miskien was dit die plek waar ek grootgeword het of miskien was ons net gelukkig ten spyte van ons min geld.

My oupa Jerry het altyd 'n sêding gehad; "mens hoef nie ryk te wees om 'n rykman se maniere te hê nie." Daar is 'n groot verskil tussen arm en armsalig. Ek het arm grootgeword, maar ek het dit nooit besef nie, want ek was heeltemal te besig om myself te geniet.

Wednesday, May 6, 2009

Run a Half marathon : check


At the onset of the new year I decided to do a 10 year resolution instead of a new year's resolution, because let's be honest the only new year's resolution I have stuck to in the last 5 years is 'to stop worrying about my weight.' Which in turn explains the ease with which 'weight' has made himself at home along the lower half of my upperbody. I decided to do a close-my-eyes-and-see-where-my-finger-lands exercise to decide which one of my resolutions I will do first. As my luck goes, it totally skips the get a tan in Spain option and lands on run a halfmarathon. How that option even managed to get in there is still a bit of a mystery, but I decide to wear my big girl panties (not that I have any panties of a smaller size, mind you) and do it. I enter the Two Oceans Half Marathon, but because of the flu I have to find another one and decide to enter the Safari Half Marathon.


With 5 months of medium intensity training, topped with the fact that I finally found a sportsbra strong enough to support the girls, I feel sort of ready. It is a cloudy day in Wellington and it looks like rain. I give myself a pat on the back for wearing my dri-fit T - at least I look like I know what I am doing, but that's maybe just beacause we're not running yet.


The gun sounds and we're off, or are we? It is rather difficult to maneuvre your way around the odd 5000 people, so the first 400 metres we have to walk. I finally start a slow run which eventually turns into the medium pace I'm used to. At around 3kms the running is still good. I enjoy the on field banter between the runners and locals next to the road chiming; "hou bene hou." Some of the runners brought sweets for the children which they scatter on the ground as we pass. It's raining sweets, but that's not all. At the 5km mark the heavens open up and give us some 'holy water' as one of the onlookers says. Not much, just enough to cool me down.

At 7km I can feel that I have been running. There is a slight pain in my left thigh and I am drenched. In the meantime the slight drizzle turns into a shower. Even my new dri-fit T is dripping at the seam. The left part of my body is freezing from the wind coming from that side. No fun, I think, but it's only 14km and I still have a good 7km to go. There are 4 of the local kids yelling "nog 'n bietjie, nog 'n bietjie, nog 'n bietjie vorentoe." I swear a little in my head, but give them half a smile for the effort.

18 km - only 3 to go. I have lost all feeling in my legs. I think my lungs are about to leave my body. I try to walk but for some weird reason it hurts more, so I do a slow trot. A man passes me, he looks 90. Is this as fast as it goes? my body keeps asking my brain, but there is a notice on her door - 'gone fishing' - so no reply. At last I hear the microphone, the mc is trying to encourage one of the finishers - a 60 year old lady, apparently this is her 5th Safari - great company I'm keeping. I see the stadium, only one more km to go, hou bene hou.

I cross the finish line! It is done, my body checked out a while ago, but I have done it. I look like someone who just had a hip replacement as I limp my way back to the car where my friend Charl is waiting for me. He finished half an hour ago and already looks like he can run another one. Apparently my wet, limping figure is cause for amusement, because he is trying hard not to burst out laughing. I am, however, oblivious to all pain and to the fact that I can probably qualify for a place in the old age home with the way I am walking, because I made it. I ran a halfmarathon only six months after giving birth, I think I deserve a medal...oh wait, they gave me one.

Will I do it again? Ask me again in a week's time.