Ek is digter, suster, ma, vrou, vriendin, dogter, skrywer, lover, tuinier, wyn aanhanger, kos freak en realis. En hierdie is hoe ek sin maak uit die wêreld om my. Hierdie is my persoonlike Disseksie.

Thursday, November 19, 2009

'n man soos jan


Dit het gekom! Die ontvangsdame het my laat weet daar is vir my 'n pakkie by ontvangs en ek het dadelik geweet wat dit is. Danksy Look 'n Listen skeur ek my weg van die marktender waarmee ek besig is en haas my by twee stelle trappe af. Ek voel soos 'n kind op Oukersaand. Ek plaas 'n man soos jan se cd, die ritme van jou naam, in my rekenaar en luister met my oorfone na woorde soos


Jou lyf is my oase, jou hart is die fontein

Jou oë so groen soos olywe, jou lippe proe soos wyn

Jy is die nomade in my lewe se woestyn

Ek en jy my baby is soos yster en satyn.


Ek het letterlik hoendervleis. Hoe ek verder moet werk sal die Hemel alleen weet. Daar is ook drie duets op die cd saam met Jak de Priester, Lize Beekman en Richard van der Westhuizen, wat boekdele spreek oor die talent wat hier raakgesien word. Ek kan dit aanbeveel as jy soos ek van mooi woorde hou (sy stem is ook glad nie sleg nie.)

2 comments:

@wordnomad said...

Dankie dat jy my nog steeds opvoed in my eie taal se wonders!

Friedelkie said...

Rus in vrede, Hanno! Mis jou vreeslik. Dankie dat jy hierdie op jou blog deel! Hanno se Musiek sal nog lank in ons Harte leef!